Daniel 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet dan en verstaan dat van die uitgaan van die gebod om Jerusalem te herstel en te bou tot by die Messias, die Vors, sewe weke en twee en sestig weke sal duur: die straat sal weer gebou word en die muur, selfs in moeilike tye.
Afrikaans (NLV) 2011 Weet en verstaan dit: vandat die bevel uitgegaan het om Jerusalem te herstel en te herbou, totdat die gesalfde leier kom, is daar sewe eenhede van sewe en nog 62 eenhede van sewe. Jerusalem sal herstel word en sy strate en watervore sal herbou word onder moeilike omstandighede.
Afrikaans 1933/1953 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.
Afrikaans 1983 Jy moet nou goed verstaan, vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem herstel en herbou moet word, totdat 'n regeerder kom wat deur God uitverkies is, sal sewe tydperke wees. Twee en sestig tydperke lank sal Jerusalem opgebou bly, met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy moet weet en verstaan: Vandat 'n woord uitgegaan het om Jerusalem te herstel en op te bou, tot met die koms van 'n gesalfde, 'n leier, sal sewe weke verloop. Twee-en-sestig weke lank sal die stad weer opgebou word, met pleine en gragte, maar dit sal tye van verdrukking wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daniël, jy moet nou goed verstaan: God het gesê die mense moet terugkom en hulle moet Jerusalem weer bou, maar sewe jaar moet eers verbygaan, dan sal die gesalfde kom, die man wat moet regeer. Die mense sal die stad bou en hulle sal ook die strate maak en slote rondom die stad grawe om die vyande te keer. Die stad se mure sal 62 jaar lank regop staan, maar almal sal daardie tyd baie swaar kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Let op sodat jy dit reg kan verstaan! Vandat die opdrag gegee word dat Jerusalem herstel moet word totdat die leier wat God self gekies het, op die toneel verskyn, sal daar sewe keer sewe jaar verbygaan. Dit sal sewe maal 62 jaar neem om Jerusalem weer op te bou met strate en veilige mure. Dit gaan moeilike tye wees.