Daniel 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sewentig weke is vasgestel oor u volk en oor u heilige stad, om die oortreding te voltooi en 'n einde te maak aan sondes en om versoening te doen vir ongeregtigheid en om ewige geregtigheid in te bring, en om die gesig en profesie te verseël, en om die Allerheiligste te salf.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tye van 70 eenhede van sewes is vasgestel vir jou volk en vir jou heilige stad om die onregverdige dade tot ’n einde te bring, die oortredings te beëindig, die sonde te versoen, geregtigheid sonder einde te bring, die visioen en die woorde van die profeet te vervul en die Allerheiligste plek ingewy sal word.
Afrikaans 1933/1953 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.
Afrikaans 1983 Daar is sewentig tydperke vir jou volk en vir jou heilige stad vasgestel. In dié tyd sal daar aan die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. Dit is die tyd waarin 'n blywende geregtigheid tot stand gebring sal word, waarin die profesie en die visioen tot vervulling sal kom en die tempel heringewy sal word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sewentig weke is bepaal oor jou volk en jou heilige stad: om die daad van opstand tot 'n einde te bring, om sondes die volle maat te laat bereik, om sondeskuld te versoen, en ewige geregtigheid te bring, om visioen en profeet te bekragtig, en om wat besonder heilig is, te salf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het besluit dat jou volk en die mense van jou stad, die gewyde stad, 70 jaar lank swaar moet kry, want hulle wou nie na God luister nie. In hierdie 70 jaar sal God hulle straf, en dan sal Hy hulle sonde vergewe. Dan sal hulle altyd reg doen aan mekaar. Die dinge wat die profete gesien het en wat hulle gesê het, sal gebeur. Die mense sal die tempel weer bou en hulle sal dit wy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar is 70 tydperke wat vasgestel is vir jou volk en hulle heilige stad: om ’n einde te maak aan hulle opstandigheid, om te vergeet van hulle mislukkings, om hulle goddeloosheid weg te vee en om God se reg te laat geskied. So sal my woorde en die visioen in vervulling gaan en die tempel weer in God se diens staan.