Daniel 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan die begin van jou smekinge het die gebod uitgekom, en Ek het gekom om jou te wys; want jy is baie geliefd; verstaan dan die saak en let op die gesig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Reeds toe jy begin bid het, is ek beveel om te kom en vir jou te verduidelik. Jy is kosbaar vir God. Luister na die verduideliking sodat jy kan verstaan waaroor die visioen gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig. |
| Afrikaans 1983 | Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar 'n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die begin van jou smeekgebed het daar 'n woord uitgegaan, en ek het self gekom om dit te verklaar, want jy is baie geliefd. Verstaan die woord en kry insig in die openbaring: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God hou van jou, en toe jy begin het om te bid, het Hy al klaar gedoen wat jy gevra het. Ek het gekom om vir jou te sê wat God gesê het. Jy moet luister en verstaan wat jy gesien het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die oomblik toe jy begin bid, het God reeds besluit wat Hy gaan doen. Omdat God jou baie liefhet, het Hy my gestuur om vir jou te kom vertel wat gaan gebeur. Luister nou baie mooi sodat jy kan verstaan. |