Daniel 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl ek gespreek en gebid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely het en my smeking voor die aangesig van die HERE my God gebring het vir die heilige berg van my God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het aangehou om te bid en my en my volk se sonde te bely. Ek het gepleit by die Here my God, ter wille van sy heilige tempel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God, |
| Afrikaans 1983 | Terwyl ek nog praat en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en by die Here my God pleit vir sy heilige berg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl ek nog besig was om te praat en te bid, om my sonde en die sonde van my volk Israel te bely, en om my smeekgebed vir die heilige berg van my God voor die Here, my God, te lê, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gepraat en gebid. Ek het my sonde en die sonde van my volk Israel bely. Ek het gebid tot my God die Here, ek het gebid vir die gewyde berg van my God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek was nog besig om te bid en vergifnis te vra vir my eie en my volk se mislukkings en by die Here my God vir die stad van my God te pleit |