Daniel 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, deur boeke die getal van die jare verstaan waarvan die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het, dat hy sewentig jaar in die verwoestings van Jerusalem sou volbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens die eerste jaar van sy koningskap het ek, Daniël, die Skrifte van wat die Here vir die profeet Jeremia gesê het, nagegaan oor die tydperk wat Jerusalem vervalle sou lê. Dit sou 70 jaar wees.
Afrikaans 1933/1953 in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.
Afrikaans 1983 In sy eerste regeringsjaar het ek, Daniël, uit die Skrifte vasgestel dat volgens die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het, Jerusalem sewentig volle jare 'n puinhoop sou wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) in die eerste jaar van sy koningskap, het ek, Daniël, in die •boekrolle opgemerk dat die getal jare wat moes verloop vir die puinhope van Jerusalem, waaroor die woord van die Here tot Jeremia gekom het, sewentig jaar sou wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het ek, Daniël, in die boeke gelees dat die Here met die profeet Jeremia gepraat het. Die Here het vir hom gesê die vyande sal Jerusalem verwoes. Daar sal 70 jaar lank net hope klippe wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tydens sy eerste jaar as koning het ek die Woord van die Here bestudeer. Ek het toe gesien dat volgens die Woord van die Here soos Hy dit deur die profeet Jeremia laat opteken het, Jerusalem vir 70 jaar ’n verlate stad moes wees.