Daniel 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE, hoor; O HERE, vergewe; O HERE, luister en doen; stel nie uit om u ontwil nie, o my God, want u naam is oor u stad en u volk uitgeroep.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, hoor tog! Here, vergewe ons! Here, luister tog en doen iets daaraan! Moenie nog wag nie, o God, want u stad en u volk dra u Naam.”
Afrikaans 1933/1953 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.
Afrikaans 1983 Hoor, Here! Vergewe, Here! Gee tog ag op ons en tree op! Ter wille van Uself, moenie talm nie, my God. U Naam is oor u stad en oor u volk uitgeroep.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, hoor tog! My Heer, vergewe tog! My Heer, gee tog aandag en tree op! Moenie talm nie, om u eie ontwil, my God, want u Naam is uitgeroep oor u stad en u volk.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, luister asseblief. Here, vergewe ons asseblief. Here, doen dit asseblief. Moenie wag nie. My God, doen dit asseblief omdat U God is, want hierdie stad en hierdie volk behoort aan U.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor, Here! Vergewe, Here! Tree op, doen asseblief iets! Dit is u stad en u mense oor wie u Naam uitgeroep is. Moenie wag nie, my God, sodat almal kan sien dat U God is.”