Daniel 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O my God, neig u oor en luister; maak u oë oop, en aanskou ons verwoestings en die stad waaroor u Naam uitgeroep is, want ons bring ons smekinge voor U nie ter wille van ons geregtigheid nie, maar ter wille van u groot ontferming. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Spits tog u ore, maak oop u oë, sien ons ellende raak! Kyk hoe lyk die stad wat u Naam dra! Ons vra dit nie omdat ons regverdig is nie, maar ons smeek U omdat U barmhartig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. |
| Afrikaans 1983 | Luister tog, my God! Hoor ons tog! Sien tog ons verlatenheid raak, en dié van die stad waaroor u Naam uitgeroep is. Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Draai u oor, my God, en hoor! Maak u oë oop en sien ons verwoeste plekke raak en ook die stad waaroor u Naam uitgeroep is! Want nie op grond van ons regverdige dade lê ons ons smeekbede voor u nie, maar op grond van u oorvloedige barmhartigheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister asseblief, my God, kyk hoe verwoes is ons en Jerusalem, die stad wat aan U behoort. Ons bid dat U weer goed moet wees, nie omdat ons iets gedoen het wat reg is nie, maar omdat U lief is vir ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | O my God, luister tog na my en hoor my versoek. Kyk net weer ’n bietjie na ons en sien in watter ellende ons is. En dit nogal in die stad wat u Naam dra. Ons vra nie u hulp omdat ons dit verdien nie, maar omdat ons weet dat U so goed en vol genade is. |