Daniel 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor dan nou, o onse God, die gebed van u kneg en sy smekinge, en laat u aangesig skyn oor u heiligdom wat verlate lê ter wille van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons God, luister tog na die gebed van u dienaar en sy smeking. Ter wille van Uself, word tog weer goedgesind teenoor u verwoeste tempel, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van Uself, hoor tog my gebed en smeking, en verskyn tog tot redding van u verwoeste heiligdom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, ons God, luister na die gebed van u dienskneg en na sy smeekbede, en laat, ter wille van my Heer, u aangesig skyn oor u heiligdom, wat verwoes lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En nou, ons God, luister asseblief na my. Ek is u dienaar en ek bid: U moet asseblief weer goed wees vir u tempel wat verwoes is, doen dit omdat U God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | O God, hoor tog as ek voor U pleit. Herstel tog u tempel wat verwoes is, sodat almal kan weet en sien dat U God is. |