Daniel 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE, laat tog, volgens al u geregtigheid, u toorn en u grimmigheid afgewend word van u stad Jerusalem, u heilige berg, want ter wille van ons sondes en oor die ongeregtighede van ons vaders het Jerusalem en u volk geword. 'n Smaad vir almal wat oor ons is.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, tree regverdig op en neem weg u vurige woede van u stad Jerusalem, daar waar u tempel is. As gevolg van die sonde en die oortreding van ons voorouers het Jerusalem en u volk ’n bespotting geword in die oë van almal wat rondom ons woon.
Afrikaans 1933/1953 o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.
Afrikaans 1983 Here, U het reddingsdade gedoen, neem tog u toorn en u woede weg van Jerusalem, u stad, u heilige berg, want deur ons sonde en deur die oortredinge van ons voorvaders spot almal rondom ons nou met Jerusalem en met u volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, laat, in ooreenstemming met al u weldade, u toorn en woede asseblief wegdraai van u stad Jerusalem, u heilige berg. Want dit is deur ons sonde en die sondeskuld van ons voorouers dat Jerusalem en u volk 'n bespotting geword het vir almal om ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U het altyd u volk gered, red ons ook nou. Hou op om kwaad te wees vir u stad Jerusalem, vir u gewyde berg. Ons en ons voorvaders het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen. Dit is hoekom al die volke rondom ons nou lag vir Jerusalem en vir ons, u volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U is vol goedheid en liefde; moet tog nie langer vir Jerusalem kwaad wees nie. Dit is tog u stad, u heilige berg staan daar. Dit is ons en ons voorvaders se skuld dat ons bure oor Jerusalem lag en spot.