Daniel 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, HERE onse God, wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei het en u 'n roem verwerf het soos dit vandag is; ons het gesondig, ons het goddeloos gehandel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Here, ons God, U het u volk met krag uit Egipte verlos en so die goeie Naam gemaak wat U vandag nog het. Maar ons het oortree. Ons het goddeloos opgetree.
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.
Afrikaans 1983 “Here ons God, U het u volk deur u groot mag uit Egipte gelei en daardeur u Naam groot gemaak soos dit vandag nog is. Maar ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ En nou, my Heer, ons God, U wat u volk uit Egipteland uitgelei het met 'n sterk hand en vir U 'n naam gemaak het soos dit vandag is – ons het gesondig, ons is skuldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En nou, Here ons God, U het lank gelede u volk uit Egipte gebring toe U wonderwerke gedoen het. Daarom ken al die mense u Naam vandag nog. Maar ons het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here, ons God, U het u mag bewys toe U u volk uit Egipte laat trek het. Daarom word u Naam tot vandag toe nog onthou en met groot respek behandel. Maar ons is sleg en vol sonde.