Daniel 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die HERE die onheil gewaak en dit oor ons gebring, want die HERE onse God is regverdig in al sy werke wat Hy doen, want ons het na sy stem nie geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het teëspoed oor ons laat kom. Die Here ons God is reg in alles wat Hy doen, want ons het nie na Hom geluister nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.
Afrikaans 1983 Daarom het U ons hierdie onheil nie gespaar nie maar dit oor ons gebring. Here ons God, U is regverdig in alles wat U doen, ons het nie na U geluister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het met die onheil gereed gestaan, en het dit oor ons gebring. Die Here ons God is immers regverdig in alles wat Hy doen. Maar ons het nie na sy stem geluister nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En U, ons God die Here, U doen reg. U doen wat U gesê het. Ons het nie geluister na U nie, en U het dit sleg laat gaan met ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het U ons nie jammer gekry nie. U het ons die gevolge laat dra van ons ongehoorsaamheid. Want U is ’n God wat doen wat U sê. U tree altyd reg op.