Daniel 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos geskrywe is in die wet van Moses, al hierdie onheil het oor ons gekom, maar ons het nie ons gebed voor die aangesig van die HERE onse God gedoen om ons van ons ongeregtighede af te bekeer en u waarheid te verstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke vervloeking wat in Moses se wet staan, het oor ons gekom. Nogtans het ons ons nie voor die Here verootmoedig en gebreek met ons sondes en gesoek na u waarheid nie.
Afrikaans 1933/1953 soos in die wet van Moses geskrywe is -- al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.
Afrikaans 1983 Al hierdie onheil het oor ons gekom net soos dit geskryf staan in die wet van Moses; tog het ons, Here ons God, nie ons saak met U reggemaak deur ons van ons sonde te bekeer en in te sien dat U doen wat U sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos daar geskryf staan in die Wet van Moses, het al hierdie onheil oor ons gekom, maar ons het die guns van die Here ons God nie gesoek deur van ons sondeskuld weg te draai en ag te slaan op u waarheid nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het dit so geskryf in sy wette, en dit gaan baie sleg met ons. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen en ons het vergeet dat U altyd reg is. Ons het nie gevra dat U weer goed moet wees vir ons nie, U, ons God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles het gebeur net soos dit in die wet van Moses geskryf staan. En tog, Here ons God, het ons geweier om op te hou sonde doen. Ons wou nie na U toe terugkom om te kom sê ons is jammer nie.