Daniel 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het sy woorde bevestig wat Hy teen ons gespreek het en teen ons regters wat ons gerig het, deur 'n groot onheil oor ons te bring, want onder die ganse hemel het nie gebeur soos oor Jerusalem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het presies met ons en ons leiers laat gebeur wat U ons beloof het. Daar was nog nooit so ’n groot ramp op aarde soos die een wat U oor Jerusalem laat kom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; |
| Afrikaans 1983 | U het die woorde wat U in verband met ons en ons regeerders uitgespreek het, in vervulling laat gaan en hierdie groot onheil oor ons gebring. Daar het nog nooit op die aarde so iets gebeur soos in Jerusalem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Hy het sy woorde gestand gedoen wat Hy gespreek het oor ons en ons rigters wat ons moes rig, deur 'n groot onheil oor ons te bring – iets wat onder die ganse hemel nog nie gebeur het, soos daar wel in Jerusalem gebeur het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het gedoen wat U vir ons en ons konings gesê het. U het dit baie sleg laat gaan in Jerusalem, dit het nog nooit in die hele wêreld so sleg gegaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het gedoen wat U gesê het U met ons en ons leiers gaan doen. Wat met Jerusalem gebeur het, is die grootste ramp ooit. |