Daniel 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, die hele Israel het u wet oortree, ja, deur weg te gaan, sodat hulle nie na u stem sou luister nie; daarom word die vloek oor ons uitgegiet en die eed wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, omdat ons teen hom gesondig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele Israel het van u bepalings afgewyk en weggedwaal omdat ons nie na u geluister het toe U ons geroep het nie. “U het nou oor ons die dreigemente en vervloekings laat kom wat in die wet van u dienaar Moses geskryf staan, want ons het sonde teen U gedoen.
Afrikaans 1933/1953 Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.
Afrikaans 1983 Die hele Israel het u wil oortree; hulle het afvallig geword en nie na U geluister nie. Daarom het U die vloek wat met 'n eed bevestig is en wat opgeteken is in die wet van Moses, die dienaar van God, oor ons laat kom. Dit is omdat ons teen U gesondig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en omdat die hele Israel u wet oortree en afgewyk het deur nie te luister na u stem nie, het die vloek en die eed wat geskryf staan in die Wet van Moses, die dienaar van God, teen ons losgebreek. Ja, ons het teen Hom gesondig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete was ongehoorsaam aan U. Hulle het nie geluister na wat U gesê het nie. Daarom het U gedoen wat U gesê het. U het gesê U sal ons straf as ons sonde doen teen U. Moses, u dienaar, het dit so geskryf in sy wette.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele Israel het die rug vir U gedraai en wou nie doen wat U van hulle verwag nie. Toe U met hulle gepraat het, het hulle hulle ore toegedruk. Daarom dra ons nou die gevolge van ons verkeerde dade soos U ons gewaarsku het in die wet van Moses, u dienaar.