Daniel 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het hom naby die ram sien kom, en hy het hom teen hom verskrik en die ram geslaan en sy twee horings gebreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom te staan nie, maar hy het hom neergegooi na die ram die grond en hom getrap, en daar was niemand wat die ram uit sy hand kon red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gesien hoe hy die ram met geweld tref en sy twee horings afbreek. Die ram was nie teen hom opgewasse nie. Hy het die ram teen die grond geslinger en dit onder sy hoewe vertrap. Daar was niemand om die ram uit die bok se mag te red nie.
Afrikaans 1933/1953 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.
Afrikaans 1983 Ek het gesien hoe hy tot by die skaapram kom, hom briesend stamp en sy twee horings afbreek. Die skaapram was nie opgewasse teen hom nie en hy het die skaapram teen die grond geslinger en hom vermorsel. Daar was niemand wat die skaapram uit sy mag kon red nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gesien hoe hy tot by die ram kom. Hy was briesend kwaad vir hom, en het die ram getref. Hy het sy twee horings afgebreek, en daar was geen krag in die ram om voor hom staande te bly nie. Hy het hom teen die grond gegooi en hom vertrap. Daar was niemand wat die ram uit sy mag kon red nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien die bok-ram kom by die skaap-ram en hy stamp die skaap-ram en breek sy twee horings. Die skaap-ram kon nie bly staan nie. Die bok-ram het hom op die grond gegooi en op hom getrap. Niemand kon die bok-ram keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende oomblik het hy die skaapram in sy woede stormgeloop en hom so hard gestamp dat al twee sy horings afgebreek het. Dit het hom heeltemal hulpeloos gemaak. Toe het die bokram hom platgestamp en hom met sy pote begin vertrap sonder dat iemand hom kon help.