Daniel 8:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl ek dit oorweeg het, kom daar 'n bok van die weste af op die hele aarde en het die grond nie aangeraak nie; en die bok het 'n merkwaardige horing tussen sy oë gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek stip staan en kyk, kom ’n bok vanuit die weste oor die aarde sonder om iewers grond te raak. Hy het ’n opvallende groot horing tussen sy oë gehad.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.
Afrikaans 1983 Terwyl ek nog hieraan aandag gee, kom daar uit die weste 'n bokram aan wat so vinnig oor die aarde beweeg dat hy nie grond raak nie. Dié bokram het 'n opvallende horing tussen sy oë gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl ek nog daaroor nadink, kyk, toe kom 'n bokram uit die weste oor die oppervlak van die hele aarde aan, sonder om aan die grond te raak. Die bok het 'n opvallende horing tussen sy oë gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gekyk, en toe kom daar 'n bok-ram uit die weste. Hy het baie vinnig oor al die lande gehardloop, hy het nie aan die grond geraak nie. Tussen sy oë was 'n lang horing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ek nog hieroor staan en dink, kom daar uit die weste ’n bokram wat so vinnig beweeg het dat sy pote nie eens die grond geraak het nie. Ek het gesien hy het net een horing wat tussen sy oë sit.