Daniel 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek, Daniël, het beswyk en was sekere dae siek; daarna het ek opgestaan en die sake van die koning gedoen; en ek was verbaas oor die gesig, maar niemand het dit verstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, Daniël, was toe dae lank siek. Daarna het ek opgestaan en aangegaan in die koning se diens. Ek was ontsteld oor wat ek gesien het. Ek het dit glad nie verstaan nie.
Afrikaans 1933/1953 En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.
Afrikaans 1983 Ek, Daniël, was gedaan en het lank siek gelê. Daarna het ek opgestaan en weer my werk in die koning se diens gedoen. Ek was egter ontsteld oor die visioen, en niemand het geweet wat met my aangaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, Daniël, was uitgeput en dae lank ongesteld. Toe het ek opgestaan en die koning se werk gedoen. Ek was verslae oor die openbaring, en kon dit nie begryp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Daniël, het siek geword en ek het lank siek gebly. Ek het opgestaan en weer die koning se werk gedoen, maar ek was baie geskok oor wat ek gesien het. Ek kon dit nie verstaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierna het ek weer my bewussyn verloor. Ek was vir ’n hele paar dae siek. Na ’n ruk het ek weer opgestaan en aangegaan met my werk. Ek was egter nog steeds ontsteld oor die visioen omdat ek dit nie heeltemal verstaan het nie.