Daniel 8:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gesig van die aand en die môre wat vertel is, is waar; want dit sal baie dae wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die gesig wat jy oor die 2 300 dae gesien het, is waar. Jy moet egter stilbly oor wat jy gesien het, want dit gaan nog baie lank neem voor dit gebeur.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die gesig van die aande en die môre s waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms. |
| Afrikaans 1983 | Wat oor die aande en oggende aan jou geopenbaar is, sal werklik gebeur. Maar jy moet die visioen geheim hou, want dit sien op die verre toekoms.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die openbaring in verband met die aand en die oggend waaroor daar gepraat is, dit is waar. En jy, hou die visioen geheim, want daar moet nog baie dae verloop.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dinge wat jy gesien het, sal gebeur, die dinge oor die oggende en die aande. Maar dit sal baie later gebeur. Jy moenie nou daaroor praat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die visioen oor die aande en die oggende aan jou gewys het, is waar. Maar jy moet dit vir eers geheim hou, want dit is nog baie lank voordat hierdie dinge gaan gebeur.” |