Daniel 8:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy krag sal sterk wees, maar nie deur sy eie krag nie; en hy sal wonderlik vernietig en voorspoedig wees en praktiseer en die magtiges en die heilige volk vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sonder dat hy self daarvoor werk, sal hy baie magtig word. Hy sal baie skade aanrig. Hy sal regkry wat hy beplan. Hy sal magtige leiers asook die heilige volk vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal baie sterk word, maar nie deur eie krag nie. Hy sal ongelooflike verwoesting aanrig en sal voorspoedig wees in alles wat hy doen. Hy sal magtiges vernietig, ook die heilige volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal groot mag hê, maar nie deur eie krag nie. Hy sal ongehoorde verwoesting aanrig, en voorspoedig wees in wat hy doen. Hy sal sterkes en die volk van die heiliges vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal baie sterk wees, maar dit is God wat hom sterk sal maak. Hy sal baie dinge verwoes. Hy sal doen wat hy wil. Hy sal sterk mense verwoes, ook die gewyde volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal baie sterk word, maar nie deur sy eie krag nie. Hy sal verskriklike verwoesting aanrig en suksesvol wees in alles wat hy aanpak. Hy sal magtige leiers verslaan en God se heilige volk onder sy voete stukkend trap. |