Daniel 8:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die laaste tyd van hulle koninkryk, wanneer die oortreders tot volle oortreding gekom het, sal 'n koning opstaan met 'n wrede aangesig en verstandige duistere sinne.
Afrikaans (NLV) 2011 “Aan die einde van hulle regeertyd, wanneer hulle verkeerde dade ’n hoogtepunt bereik het, sal daar ’n hardvogtige koning na vore kom wat die kuns ken om te bedrieg.
Afrikaans 1933/1953 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
Afrikaans 1983 Teen die einde van hulle heerskappy, wanneer die sonde sy hoogtepunt bereik het, sal 'n hardvogtige en slinkse koning op die toneel verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Aan die einde van hulle heerskappy, as die oortreders volle geleentheid gehad het, sal 'n koning met 'n ongenaakbare gesig opstaan, een bedrewe in knoeiery.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle nie meer regeer nie en die mense baie sonde gedoen het, dan sal daar 'n koning kom wat baie wreed en geslepe is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen die einde van hulle regeringstyd, wanneer hulle sonde ’n hoogtepunt bereik het, sal daar ’n ander hardkoppige, barbaarse en slinkse koning op die toneel verskyn.