Daniel 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het nader gekom waar ek gestaan het, en toe hy kom, het ek bang geword en op my aangesig geval; maar hy het vir my gesê: Verstaan, o mensekind, want in die tyd van die einde sal die gesig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het na die plek toe gekom waar ek gestaan het. Toe hy naderkom, het ek so bang geword dat ek vooroor geval het. Hy het vir my gesê: “Jy moet verstaan, mens, dat die visioen te doen het met die eindtyd.”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
Afrikaans 1983 Hy het nader gekom na die plek toe waar ek gestaan het, en toe hy by my kom, het ek bang geword en vooroor op die grond geval. Hy sê toe vir my: “Jy moet verstaan, mens, dié visioen slaan op die eindtyd.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het nader gekom na die plek waar ek staan. Toe hy nader kom, is ek deur vrees oorweldig, en het met my gesig teen die grond neergeval. Hy sê toe vir my: “Jy moet verstaan, mensekind, dat die visioen geld vir die tyd van die einde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gabriël het gekom tot waar ek staan. Ek het groot geskrik en ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Hy het vir my gesê: “Mens, jy moet weet, die dinge wat jy gesien het, wys wat nog sal gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gabriël het langs my kom staan, maar ek het so bang geword dat ek op die grond neergeval het. Hy sê toe vir my: “Klein mensie, jy moet verstaan dat die dinge wat jy gesien het, te make het met die laaste dae op aarde.”