Daniel 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek een heilige hoor praat, en 'n ander heilige sê aan daardie sekere heilige wat gespreek het: Hoe lank sal die gesig duur aangaande die daaglikse offer en die oortreding van die verwoesting, om die heiligdom sowel as die leër te gee om vertrap te word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het in ’n gesprek tussen twee heiliges die een vir die ander hoor vra: “Hoe lank hou die visioen aan, die visioen van die daaglikse offer, die opstand wat verwoes en die heiligdom en hemelse mag wat vertrap word?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur -- van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid -- sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word? |
| Afrikaans 1983 | Ek het 'n hemelwese hoor praat, en 'n ander hemelwese het vir die een wat praat, gevra: “Hoe lank sal die dinge van die visioen aanhou: die ding van die daaglikse offer, die skrikwekkende sonde, die prysgawe van die heiligdom en die vertrapping van die hemelse leërmag?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het een van die •heiliges hoor praat. 'n Ander heilige vra toe vir iemand, vir die een wat praat: “Hoe lank sal dit duur – dit wat in die visioen openbaar is oor die gereelde offer en die verwoestende daad van opstand, en oor die oorgawe van sowel die heiligdom as die offerdiens om vertrap te word?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Daniël, het gehoor 'n heilige engel praat, en hy vra vir 'n ander heilige engel: “Hoe lank sal die dinge aanhou gebeur wat Daniël gesien het? Wanneer sal die mense weer elke dag mag offers bring? Wanneer sal hierdie groot en verskriklike sonde ophou? Hoe lank sal hulle nog met die gewyde tempel maak wat hulle wil? Hoe lank sal hulle nog trap op die soldate van die hemel?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe twee hemelwesens met mekaar hoor praat. Die een het vir die ander een gevra: “Hoe lank gaan die gebeure in die visioen aanhou: die mense wat in sonde leef in plaas daarvan dat hulle die daaglikse offers bring, die tempel wat deur sonde besoedel word en die hemelse weermag wat so vertrap word?” |