Daniel 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n leër is aan hom gegee teen die daaglikse offer weens oortreding, en dit het die waarheid op die grond neergegooi; en dit het geoefen en voorspoedig gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur sy verkeerde optrede is die hemelse magte aan hom uitgelewer, die gereelde offer opgehef en die waarheid in die grond vertrap. Hy was voorspoedig in alles wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad. |
| Afrikaans 1983 | 'n Sondige erediens is in die plek van die daaglikse offer ingestel en die ware godsdiens vertrap. Hierdie horing was voorspoedig in alles wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal 'n ander offerdiens in die plek van die gereelde offer ingestel word as 'n daad van opstand. Hy sal die waarheid teen die grond gooi, en suksesvol wees in sy optrede. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê die priesters moenie die offers bring wat God gevra het nie, hulle moet ander offers bring. Die horing het gedoen wat hy wil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In plaas daarvan dat die mense hulle daaglikse offers gebring het, het hulle verkies om in sonde te leef. Hulle het die wetboek van die Here onder hulle voete vertrap en leuens links en regs vertel. Alles wat hierdie horing aangepak het, was suksesvol. |