Daniel 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, hy het homself groot gemaak tot die owerste van die leër, en deur hom is die daaglikse offer weggeneem, en die plek van sy heiligdom is neergewerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het selfs die Aanvoerder van die hemelse magte aangedurf. Hy het die gereelde offer wat vir God gebring word tot niet gemaak en sy tempel verwoes.
Afrikaans 1933/1953 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
Afrikaans 1983 Hy het selfs die Hoof van daardie leërmag aangedurf deur die daaglikse offer aan Hom te verbied en sy heilige woning af te breek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die horing het hom selfs teen die Bevelvoerder van die leër verhef. Van Hom is die gereelde offer weerhou, en die plek van sy heiligdom is omvergewerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die horing het gedink hy is belangriker as God, die Hoof van die soldate van die hemel. Die horing het vir die priesters gesê hulle moenie elke dag vir God offers bring nie, en hy het die gewyde woonplek van God verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het selfs die Aanvoerder van die hemelse weermag se gesag uitgedaag. Hy het die daaglikse offers wat vir Hom gebring is, verbied en sy tempel vernietig.