Daniel 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het groot geword tot by die leër van die hemel; en dit het van die leër en van die sterre op die grond neergegooi en op hulle getrap.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het met krag opgetrek teen die magte van die hemel en sommige van hulle asook sommige van die sterre teen die grond gegooi en vertrap.
Afrikaans 1933/1953 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.
Afrikaans 1983 Hy het so magtig geword dat hy selfs die hemelse leërmag aangedurf het en party van hulle, die sterre, op die grond gegooi en vertrap het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het groot geword tot by die hemelse leër, dit is die sterre, en dit het van die sterre op die aarde laat val en hulle vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die horing het so sterk geword dat hy die soldate van die hemel aangeval het. Die horing het party van die soldate op die grond laat val en hy het op hulle getrap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So magtig het hy geword dat hy selfs die hemel met sy magte aangedurf het. Hy was so sterk dat hy die sterre op die aarde neergegooi en hulle toe vertrap het.