Daniel 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierna het ek gesien, en kyk, nog een, soos 'n luiperd, wat op die rug vier vlerke van 'n voël gehad het; die dier het ook vier koppe gehad; en heerskappy is daaraan gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna sien ek nog ’n ander dier wat lyk soos ’n luiperd. Hy het op sy rug vier vlerke gehad soos ’n voël se vlerke. Hy het ook vier koppe gehad en het die mag ontvang om te regeer.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was 'n ander een soos 'n luiperd, en dit het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.
Afrikaans 1983 En toe ek weer sien, was daar nog 'n dier, een soos 'n luiperd. Hy het op sy rug vier vlerke gehad soos dié van 'n voël. Hy het vier koppe gehad en aan hom is heerskappy gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Daarna het ek gesien: Kyk, daar was 'n ander dier, soos 'n luiperd. Hy het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad. Die dier het vier koppe gehad, en heerskappy is aan hom gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het weer gekyk en ek het nog 'n dier gesien. Hy het gelyk soos 'n luiperd, maar daar was vier vlerke op sy rug. Die dier het vier koppe gehad en hy was sterk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek weer kyk, was daar nog ’n dier. Hierdie een het soos ’n luiperd gelyk. Op sy rug het hy egter vier vlerke soos ’n voël s’n gehad. Hy het ook nie net een kop gehad nie, maar vier. Dit was duidelik dat hy baie mag gehad het.