Daniel 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar was 'n ander dier, 'n tweede, soos 'n beer, en dit het aan die een kant opgestaan, en dit het drie ribbes in sy bek tussen sy tande gehad; en hulle het so vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ’n tweede dier gesien wat soos ’n beer lyk. Dit het regop gestaan en het drie ribbebene tussen sy tande in sy bek gehad. Daar is vir hom gesê: “Staan op en verslind baie vleis.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, 'n ander dier, 'n tweede, het gelyk soos 'n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en so het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis. |
| Afrikaans 1983 | Die tweede dier het soos 'n beer gelyk. Hy het op sy agterpote gestaan en het drie ribbebene in sy bek gehad. Daar is vir hom gesê: ‘Vreet maar! Vreet soveel vleis as jy wil!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ En kyk, 'n ander, 'n tweede dier, het soos 'n beer gelyk, en is langs die eerste dier opgerig. Daar was drie ribbes in sy bek tussen sy tande, en daar is vir hom gesê, ‘Staan op, eet baie vleis!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die tweede dier het gelyk soos 'n beer wat op sy agterpote staan. Daar was drie ribbe in sy bek. Iemand het vir die beer gesê: ‘Jy moet staan, jy moet baie vleis vreet.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede dier het soos ’n beer gelyk. Hy het ook op sy agterpote gestaan en in sy bek was daar drie ribbebene, tussen sy tande. Ek het gehoor hoe ’n stem vir hom sê: ‘Eet! Eet net soveel vleis as wat jy wil!’ |