Daniel 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die eerste was soos 'n leeu en het arendsvlerke gehad: ek het gekyk totdat sy vlerke gepluk is, en dit van die aarde af opgelig en op die voete gestaan het soos 'n mens, en 'n mens se hart is daaraan gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die eerste dier was soos ’n leeu met arendsvlerke. Terwyl ek besig was om daarna te kyk, is sy vlerke afgeskeur. Sy voorlyf is van die aarde af opgelig en hy het op sy agterpote gaan staan soos ’n mens, en ’n mens se verstand is aan hom gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die eerste was soos 'n leeu, en hy het vlerke van 'n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos 'n mens op twee voete neergesit is en daaraan 'n mensehart gegee is. |
| Afrikaans 1983 | Die eerste het soos 'n leeu gelyk en hy het arendsvlerke gehad. Terwyl ek kyk, is sy vlerke afgeruk en is hy opgelig, sodat hy op twee voete gestaan het soos 'n mens, en 'n mens se verstand is aan hom gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die eerste was soos 'n leeu met die vlerke van 'n arend. Ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgepluk was, hy van die grond af opgelig is, op twee voete soos 'n mens neergesit is en die hart van 'n mens aan hom gegee is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eerste dier het gelyk soos 'n leeu, maar hy het vlerke gehad soos 'n arend se vlerke. Ek het na hom gekyk en ek het gesien iemand trek sy vlerke uit en laat hom op twee bene staan soos 'n mens. Hy kon toe ook dink soos 'n mens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die eerste een het soos ’n leeu gelyk, maar dit het groot vlerke gehad soos dié van ’n arend. Terwyl ek nog so na die dier kyk, is sy vlerke afgeskeur. Hy het op sy agtervoete bly staan net soos ’n mens wat regop staan. Hy kon dink en reageer soos ’n mens. |