Daniel 7:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal groot woorde teen die Allerhoogste spreek en die heiliges van die Allerhoogste uitput en dink om tye en wette te verander, en dit sal in sy hand gegee word tot 'n tyd en tye en die verdeling van tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal teen God die Allerhoogste te velde trek en die heilige mense van God die Allerhoogste onderdruk. Hy sal daarop uit wees om die vaste tye en wette te verander. Hulle sal in sy mag kom vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Woorde gerig teen die Hoogste sal hy uitspreek, en die heiliges van die Allerhoogste sal hy teister. Hy sal poog om feestye en die wet te verander, en die heiliges sal in sy hand gegee word vir 'n tyd en tye en 'n halwe tyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie koning sal hoogmoedig praat teen die Hoogste God en hy sal die gewyde mense van die Hoogste God verdruk. Hy sal probeer om die wette te verander, en ook die tye wanneer hulle moet feesvier. Hy sal dit drie en 'n halwe jaar lank kan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal vieslike dinge teen die Allerhoogste sê en die mense wat aan die Allerhoogste behoort, onderdruk en bitter swaar laat ly. Hy sal sy bes doen om hulle godsdienstige voorskrifte en feeste te verander. Hy sal vir ’n vasgestelde tyd oor die mense van die Allerhoogste regeer. |