Daniel 7:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tien horings uit hierdie koninkryk is tien konings wat opstaan, en 'n ander een sal ná hulle opstaan; en hy sal anders wees as die eerste, en hy sal drie konings onderwerp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tien horings daaraan is die ryke van tien konings wat sal regeer. Ná hulle sal ’n ander koning kom wat heeltemal van sy voorgangers sal verskil. Hy sal drie konings aan homself onderwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die tien horings -- uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal nhulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp. |
| Afrikaans 1983 | Wat die tien horings betref: in daardie koninkryk sal tien konings een na die ander regeer, en ná hulle sal daar een kom wat heeltemal anders sal wees as die voriges, en hy sal drie konings onderwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tien horings beteken: Uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan. 'n Ander een sal ná hulle opstaan; hý sal verskil van die voriges, en hy sal drie konings verneder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tien horings beteken daar sal tien konings wees, en ná hulle sal daar nog 'n koning wees. Hy sal nie soos die ander konings wees nie, en hy sal drie konings oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tien horings is tien konings wat die een na die ander in hierdie wêreldmag sal regeer. Na hulle tyd sal daar ’n ander koning kom wat heeltemal anders as die voriges is. Hy sal drie van die konings verslaan en oor hulle heers. |