Daniel 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het hy gesê: Die vierde dier sal die vierde koninkryk op die aarde wees, wat verskillend sal wees van al die koninkryke en die hele aarde sal verteer en dit sal vertrap en dit stukkend breek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir my gesê: “Die vierde dier is ’n vierde mag wat oor die wêreld sal regeer en wat heeltemal anders is as al die ander ryke. Dit sal die hele aarde wegvreet en daarop trap en dit vermorsel.
Afrikaans 1933/1953 So het hy gesê: Die vierde dier -- die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.
Afrikaans 1983 “Dit is vir my soos volg verklaar: Die vierde dier is 'n vierde koninkryk wat op die aarde sal ontstaan en wat anders sal wees as al die ander koninkryke. Hy sal die hele wêreld insluk, dit verwoes en vertrap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ So het hy gesê, “ ‘Die vierde dier beteken: 'n Vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat van al die koninkryke verskil. Dit sal die aarde verslind en dit vertrap en vermorsel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die engel het gesê: ‘Die vierde dier beteken daar sal konings wees wat die hele aarde sal verwoes en stukkend trap. Hulle sal nie soos die ander konings wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hy het dit so vir my verklaar: die vierde dier is ’n vierde wêreldmag wat op aarde sal kom, maar wat totaal anders as al die ander sal wees. Dit sal die hele wêreld probeer inneem en sal alles platvee wat in sy pad kom.