Daniel 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat die Oue van dae gekom het, en aan die heiliges van die Allerhoogste geoordeel is; en die tyd het gekom dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Hy wat ewig lewe gekom en uitspraak gelewer ten gunste van die mense wat aan die Allerhoogste behoort. Die tyd het toe gekom dat die heilige mense die koningskap oorneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Hy wat ewig lewe, gekom en uitspraak gelewer ten gunste van die heiliges van die Allerhoogste. Die tyd het aangebreek dat die heiliges van God die koninklike heerskappy sou ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | totdat die Oue van Dae gekom het en 'n uitspraak gegee is ten gunste van die heiliges van die Allerhoogste. Die tyd het toe aangebreek, en die heiliges het die koninkryk in besit geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het God gekom, die God wat altyd lewe. Hy het gesê die gewyde mense van die Hoogste God is die mense wat reg gelewe het. Dit is nou die regte tyd, en die gewyde mense moet nou konings wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | totdat die Een wat vir altyd lewe, gekom en ingetree het vir die mense wat aan die Allerhoogste behoort. Toe het die tyd aangebreek vir hierdie mense om as konings te regeer. |