Daniel 7:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die tien horings wat in sy kop was, en van die ander wat opgekom het, en voor wie drie geval het; selfs van daardie horing wat oë gehad het, en 'n mond wat baie groot dinge gespreek het, wie se voorkoms sterker was as sy maats. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wou ook weet van die tien horings op sy kop en die klein horinkie waarvoor drie ander horings plek moes maak. Hierdie horing het oë en ’n mond gehad wat gespog het, en het anders as die ander gelyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en 'n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander. |
| Afrikaans 1983 | Ek wou ook weet wat die tien horings op sy kop beteken, en waarvoor die ander een staan wat uitgekom het nadat daar drie uitgeruk is, die horing wat groter geword het as die ander en wat oë gehad het en 'n mond wat allerlei verwaande dinge kwytgeraak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander horing wat uitgekom het, waarvoor drie ander moes wyk, dié horing met oë en 'n mond wat grootpraat en wat groter gelyk het as die ander. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was tien horings op sy kop. Drie van die horings het uitgeval en 'n nuwe horing het uitgekom. Daardie horing het oë gehad en 'n mond wat hoogmoedig praat, en dit het gelyk of hy groter is as die ander horings. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ook gevra oor die betekenis van die tien horings op sy kop, en ook oor die klein horinkie wat agterna uitgekom het en toe drie van die ander horings uitgeruk het. Dit is die een wat later groter geword het as die ander. Dit het oë gehad soos ’n mens en ’n mond wat verskriklik grootgepraat het. |