Daniel 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daniël het gespreek en gesê: Ek het snags in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het oor die groot see gestry.
Afrikaans (NLV) 2011 In my droom daardie nag het ek, Daniël, ’n sterk storm op die groot see gesien met winde wat uit al vier rigtings waai.
Afrikaans 1933/1953 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “In my nagtelike visioen het die wind uit al vier windstreke die groot see onstuimig laat word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daniël het die volgende gesê: “In my visioen in die nag het ek gesien hoe die vier winde van die hemel die groot see in beroering bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daniël het geskryf: “Ek het gedroom en ek het iets gesien. Die wind het van al die kante gewaai. Dit het die branders van die groot see baie wild gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar was in my visioen in die nag ’n geweldige storm op die see en die wind het uit alle rigtings die branders heen en weer gewaai.