Daniel 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap neem en die koninkryk in besit neem vir ewig, ja tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die heilige mense van die Allerhoogste sal egter uiteindelik die koninkryk ontvang. Hulle sal regeer vir altyd en ewig.”
Afrikaans 1933/1953 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
Afrikaans 1983 Maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koninklike heerskappy ontvang en dit vir altyd besit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar die •heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem vir ewig en altyd.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die gewyde mense van die Hoogste God sal konings word wat altyd sal regeer, ja, ewig en altyd.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar op die ou end sal die mense wat aan die Allerhoogste behoort, as konings heers en hulle sal vir ewig regeer.