Daniel 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek, Daniël, was bedroef in my gees in die middel van my liggaam, en die gesigte van my hoof het my verskrik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek, Daniël, was ontsteld oor alles wat ek gesien het. Die dinge wat ek gesien het, het my banggemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik. |
| Afrikaans 1983 | “Ek, Daniël, het beangs geraak hieroor; die visioen wat ek gesien het, het my laat skrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wat my, Daniël, betref, my gees was verontrus diep in my binneste, en die visioene in my kop het my verskrik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek, Daniël, het groot geskrik, ek was geskok oor die dinge wat ek gesien het toe ek gedroom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierdie visioen het my verskriklik ontstel; dit het my baie bang gemaak. |