Daniel 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar is aan hom heerskappy en heerlikheid en 'n koninkryk gegee, sodat alle volke, nasies en tale Hom sou dien; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal verbygaan nie, en sy koninkryk wat nie vernietig sal word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Om te heers, het hy ontvang: gesag, eer en mag. Al die volke, nasies en tale sou hom dien. Sy heerskappy is vir altyd. Dit sal nooit verdwyn nie. Sy koninkryk sal nie ophou nie.
Afrikaans 1933/1953 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Afrikaans 1983 “Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is 'n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan hom is heerskappy, eer en koningskap gegee – alle volke, nasies en taalgroepe dien hom. Sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie verby sal gaan nie, en sy koningskap is so dat dit nie vernietig sal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het hom 'n koning gemaak wat sterk en belangrik is. Al die mense sal hom dien in al die lande en in al die tale. Hy sal sterk bly en hy sal altyd koning wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan hierdie mens is al die mag en die eer en die koningskap gegee, sodat al die volke, nasies en tale van die wêreld hom sou dien. Daar sal nooit ’n einde aan sy heerskappy wees nie. Sy koninkryk sal nooit vernietig word nie.”