Daniel 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het in die naggesigte gesien, en kyk, een soos die Seun van die mens het gekom met die wolke van die hemel en na die Oue van dae gekom, en hulle het Hom voor Hom nader gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 In my visioen daardie nag het ek iemand in die wolke in die lug gesien kom, iemand wat soos ’n mens lyk. Hy het na Hom wat ewig lewe gegaan en is voor Hom gebring.
Afrikaans 1933/1953 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Afrikaans 1983 “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het in die nagtelike visioene gesien: “Kyk, met die wolke van die hemel was iemand aan die kom wat soos 'n mensekind was; tot by die Oue van Dae het hy gekom, voor Hom is hy gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het in die nag gedroom en gesien daar kom iemand. Hy was soos 'n mens, en hy het op die wolke gekom. Hy het gekom tot by die God wat altyd lewe. Die engele het hom na God gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “My visioen het voortgegaan. Daar in die wolke het ek iemand sien aankom. Hy het soos ’n mens gelyk. Hy het na die Een toe gegaan wat vir altyd lewe. Hierdie mens is geroep om by sy troon te gaan staan.