Daniel 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat die res van die diere betref, hulle heerskappy is weggeneem, maar hulle lewe is verleng vir 'n tyd en tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gesag van die ander drie diere is ook van hulle weggevat. Hulle kon nog langer lewe, maar net vir ’n bepaalde tyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. |
| Afrikaans 1983 | Ook die ander diere se heerskappy is van hulle weggeneem, maar hulle lewens is nog 'n tyd lank gespaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oorblywende diere se heerskappy is hulle ontneem, en 'n langer lewe is vir hulle gegee, tot 'n tyd en 'n tydsduur verloop het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die drie ander diere kon nie aanhou doen wat hulle wil nie, maar hulle kon nog 'n kort tydjie lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die ander drie diere se krag is van hulle af weggevat, maar hulle lewe is vir nog ’n klein rukkie gespaar. |