Daniel 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het toe gesien vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het: Ek het gesien totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die brandende vlam gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het bly kyk, want ek het gehoor hoe die klein horinkie onophoudelik bly spog. Ek het bly kyk totdat die vierde dier doodgemaak is. Sy liggaam is vernietig en hy is oorgegee om met vuur verbrand te word.
Afrikaans 1933/1953 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.
Afrikaans 1983 “Terwyl ek kyk, is die een dier oor die verwaande gepraat van die horinkie doodgemaak en is sy liggaam vernietig deur dit in die vuur te gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het daarna nog bly kyk, weens die geraas van die verwaande woorde wat die horing besig was om kwyt te raak; ja, ek het bly kyk totdat die dier gedood is, sy liggaam verwoes is, en hy oorgegee is aan verbranding deur die vuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het gesien wat gebeur omdat die horing hoogmoedig gepraat het. Ek het gesien hulle maak die dier dood en hulle verbrand hom. Daar het niks van hom oorgebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die klein horinkie was nog steeds besig om allerhande grootpraterige goed te sê. En toe ek weer kyk, sien ek hoe die vierde dier doodgemaak word en sy liggaam in die vuur verbrand word.