Daniel 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Vuurstroom het uitgekom en voor hom uit uitgegaan: duisend duisende het hom gedien, en tien duisend maal tien duisend het voor hom gestaan; die oordeel is vasgestel, en die boeke is oopgemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Rivier van vuur het van Hom af weggevloei. Duisende der duisende het Hom gedien en tienduisende is tot sy diens. Die verhoor het toe begin en die boeke is oopgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen. |
| Afrikaans 1983 | Vuur het uit die troon gestroom en verder gevloei. Duisende der duisende het Hom gedien, miljoene het daar voor Hom kom staan. Die hofsitting het begin, en die boeke met die aanklagte is oopgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Rivier van vuur het gevloei en voor Hom uit gestroom. Duisend maal duisende was tot sy diens, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gereed gestaan. Die regbank het plek ingeneem, en die •boekrolle is oopgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Uit die troon het 'n rivier van vuur gevloei. Daar het duisende engele gestaan, baie duisende, hulle moes doen wat God wil hê. God, die Regter, het begin om die mense te oordeel. Die engele het die boeke oopgemaak, die boeke waarin hulle geskryf het wat elke mens gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vuur het soos ’n rivier uit die troon uit gestroom. Miljoene engele het Hom bedien en daar het miljoene der miljoene mense voor sy troon gestaan. Toe het die hofsitting begin en die boeke is oopgemaak waarin al die aanklagte opgeteken is. |