Daniel 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droom gehad en gesigte van sy hoof op sy bed; toe het hy die droom opgeskryf en die som van die sake vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 In die eerste regeringsjaar van Belsasar as koning van Babel, het Daniël ’n droom gehad. Hy het in sy slaap gesigte gesien. Wat hy in die droom gesien het, het hy neergeskryf. Dit is wat hy gesien het:
Afrikaans 1933/1953 In die eerste jaar van B,lsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
Afrikaans 1983 In die eerste regeringsjaar van koning Belsasar van Babel het Daniël 'n droom gehad en visioene gesien in sy slaap. Hy het die droom opgeskryf en die inhoud daarvan soos volg weergegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die eerste regeringsjaar van Belsasar, die koning van Babilonië, het Daniël 'n droom gehad; dit was visioene in sy kop, terwyl hy in sy bed was. Hy het daarna die droom neergeskryf. Die hoofsom van die gebeure het hy saamgevat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een nag het Daniël gedroom. Dit was in die eerste jaar nadat Belsassar koning van Babel geword het. Daniël het gedroom hy sien iets en hy het alles geskryf wat hy gesien het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeër, tydens die eerste jaar waarin Belsasar koning van Babel was, het Daniël ’n droom gehad en visioene gesien terwyl hy gelê en slaap het. Hy het die droom soos volg beskryf: