Daniel 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het koning Darius die skrif en die bevel onderteken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U Majesteit moet die wet opstel en dit onderteken sodat dit kan staan as wet van Mede en Perse wat nie verander kan word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Stel nou 'n verbod vas, o koning, en laat 'n bevelskrif skrywe wat volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is. |
| Afrikaans 1983 | Stel dan nou so 'n dekreet op en vaardig dit skriftelik uit sodat dit nie verander kan word nie; dit moet onherroeplik wees, 'n wet van Mediërs en Perse.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O koning, vaardig dan nou die verbod uit, en stel 'n bevelskrif op wat nie verander kan word nie, wat as 'n wet van Mede en Perse nie herroep mag word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning, jy moet nou hierdie wet maak, en dit moet 'n wet wees van Medië en Persië, 'n wet wat niemand kan verander nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee nou dadelik so ’n bevel skriftelik en onderteken dit sodat dit onmiddellik in werking tree en niemand dit kan verander nie. Maak dit ’n wet van Meders en Perse wat nie teruggetrek kan word nie.” |