Daniel 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die presidente van die koninkryk, die goewerneurs en die vorste, die raadgewers en die owerstes, het saam beraadslaag om 'n koninklike insetting vas te stel en om 'n vaste besluit te maak, dat elkeen wat 'n versoek van enige God of mens vra vir dertig dae, behalwe u, o koning, sal hy in die leeukuil gewerp word.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Groep van die amptenare en hoofde is toe na die koning toe. Hulle sê vir hom: “Koning Darius, mag u nog lank lewe!
Afrikaans 1933/1953 Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en so vir hom gesê: Mag koning Dar¡us vir ewig lewe!
Afrikaans 1983 Die ministers en die goewerneurs-generaal storm toe by die koning in en sê vir hom: “Mag die koning baie lank lewe!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hierdie toesighouers en satrape by die koning ingestorm en die volgende vir hom gesê: “O koning Darius, leef vir ewig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die twee hoof-amptenare en die goewerneurs het vinnig na die koning toe gegaan en gesê: “Koning, ons hoop jy sal lank lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe weg na die koning toe. By hom aangekom, het hulle hom gegroet: “Lank lewe koning Darius!