Daniel 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die presidente en vorste gesoek om aanleiding te vind teen Daniël oor die koninkryk; maar hulle kon geen aanleiding of fout vind nie; omdat hy getrou was, is daar ook geen dwaling of fout by hom gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daniël was besonder bekwaam en het homself van die amptenare en die ander hoofde onderskei. Die koning het selfs oorweeg om hom oor sy hele ryk aan te stel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat 'n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.
Afrikaans 1983 Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie Daniël het homself onderskei van die toesighouers en satrape, omdat 'n buitengewone gees in hom was; en die koning het beplan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daniël het sy werk beter gedoen as die ander twee hoof-amptenare en die goewerneurs, want hy was baie slim. Die koning het toe besluit hy wil vir Daniël kies om die belangrikste hoof-amptenaar te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daniël het gou bewys dat hy baie bekwamer was as enige van die ander ministers of goewerneurs. Die koning was so beïndruk met hom dat hy dit oorweeg het om die hele koninkryk onder sy bestuur te plaas.