Daniel 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe is hierdie Daniël bo die presidente en vorste verkies, omdat 'n voortreflike gees in hom was; en die koning het gedink om hom oor die hele ryk aan te stel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor hulle het hy drie hoofde aangestel as toesighouers wat na die koning se belange moes omsien. Daniël was een van die drie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie die landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie. |
| Afrikaans 1983 | Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor hulle was daar drie toesighouers, waarvan Daniël een was, aan wie hierdie satrape rekenskap moes gee, sodat die koning nie skade sou ly nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Darius het ook drie hoof-amptenare gekies. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk goed doen soos die koning wil hê. Een van die hoof-amptenare was Daniël. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het hy ook drie ministers aangestel, van wie Daniël een was. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk reg doen en ook dat die koning se belange beskerm word. |