Daniel 6:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So was hierdie Daniël voorspoedig in die regering van Daríus en in die regering van Kores, die Pers.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy bevry en Hy red. Hy rig tekens op en doen wonders bo in die hemel en onder op die aarde. Hy het Daniël gered uit die mag van die leeus.”
Afrikaans 1933/1953 Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het. [ (Daniel 6:29) En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Dar¡us en onder die regering van Kores, die Pers. ]
Afrikaans 1983 Hy red en bevry, Hy doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde; Hy het Daniël uit die kloue van die leeus gered.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat red en verlos en tekens en wonders doen in die hemel en op die aarde, dit is Hy wat Daniël gered het uit die kloue van die leeus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy red mense en maak hulle vry. Hy doen tekens en wonderwerke in die hemel en op die aarde. Hy het vir Daniël gered, die leeus het nie vir Daniël gevang nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy red en verlos sy mense; Hy doen bonatuurlike tekens en wonders in die hemel en op die aarde. Dit is Hy wat vir Daniël bewaar het sodat die leeus niks aan hom gedoen het nie.”