Daniel 6:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy verlos en red, en Hy doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde, wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek vaardig ’n bevel uit dat in al die gebiede van my ryk daar agting en respek moet wees vir die God van Daniël. Hy is die God wat lewe en vir altyd bestaan. Sy koninkryk ken geen einde nie en sy regering het geen grense nie.
Afrikaans 1933/1953 Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.
Afrikaans 1983 Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees en geëer moet word. “Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig; sy koninkryk sal nie vernietig word nie, sy heerskappy sal nooit eindig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Bevel is deur my uitgevaardig dat, in die hele magsgebied van my koninkryk, almal met vrees en bewing vervul moet wees vir die God van Daniël. Want Hy is die lewende God wat in ewigheid bestaan; sy koninkryk is een wat nie vernietig word nie, en sy heerskappy is tot die einde toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal oor wie ek regeer, moet die God van Daniël dien en eer. Ek sê dit. “Hy is die God wat lewe en Hy sal altyd lewe. Hy sal altyd Koning wees, Hy sal altyd regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek beveel dat die God van Daniël in my hele koninkryk geëer en gerespekteer moet word. Hy is die lewende God en Hy bestaan vir ewig en altyd. Sy koninkryk sal nooit tot ’n einde kom nie, sy heerskappy sal vir altyd aanhou.