Daniel 6:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was die koning baie bly oor hom en het bevel gegee dat hulle Daniël uit die kuil moes opneem. Daniël is toe uit die kuil opgeneem, en geen kwaad is aan hom gevind nie, omdat hy in sy God geglo het.
Afrikaans (NLV) 2011 My God het sy boodskapper gestuur. Hy het die leeus se bekke toegesluit sodat hulle niks aan my kon doen nie, want ek het niks verkeerds teen Hom gedoen nie. Ook teen die koning het ek geen oortreding begaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.
Afrikaans 1983 My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerds gedoen nie, U Majesteit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My God het sy engel gestuur en Hy het die bekke van die leeus gesluit, sodat hulle my geen leed kon aandoen nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is. Ook u, o koning, het ek geen leed aangedoen nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, my God het sy engel gestuur. Die engel het die leeus se bekke toegebind, en hulle kon my nie byt nie. My God het dit gedoen omdat Hy weet ek het niks verkeerd gedoen nie, ook nie teen jou nie, Koning.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My God het sy engel gestuur om die leeus se bekke toe te hou sodat hulle my niks kon aandoen nie. Hy het dit gedoen omdat Hy weet dat ek onskuldig is. Ek het nie teen Hom gesondig nie en ook niks verkeerds teen U Majesteit gedoen nie.”