Daniel 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Daniël vir die koning: O koning, leef vir ewig! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Naby die hok het hy angstig na Daniël geroep en gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, kon jou God wat jy altyd aanbid, jou van die leeus red?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos? |
| Afrikaans 1983 | Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hy nader aan die kuil kom, het hy na Daniël geroep met 'n angstige stem. Die koning het vir Daniël gesê: “Daniël, dienskneg van die lewende God, was jou God wat jy voortdurend dien, in staat om jou te red van die leeus?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy naby die gat kom, het hy hard vir Daniël geroep en gesê: “Daniël, jy is 'n dienaar van die God wat lewe. Kon jou God jou red? Jy het aangehou om Hom te dien, kon Hy jou red, of het die leeus jou gevang?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar aangekom, het hy benoud geroep: “Daniël, dienaar van die lewende God! Was jou God wat jy so getrou dien, in staat om jou van die leeus te red?” |